Jeanéll Coetzer

Jeanéll Coetzer is as mikropreemie op 25 weke gebore. Sy het ’n beroerte gekry wat serebrale verlamming veroorsaak het. As kind het sy verskeie operasies ondergaan en vir jare lank terapie gekry voordat sy uiteindelik kon loop. As drome waar word is haar verhaal van oorwinning. Dit is haar passie om kinders aan te moedig om in hulle drome te glo.

As drome waar word: ’n onderhoud met die skrywer en illustreerder

Maryke Roberts, Jeanéll Coetzer, Erna van der Merwe Skrywersonderhoude 2024-02-27

"Ek hoop mense verstaan en sien gestremdhede en gestremde mense anders ná die boek. Ek hoop kinders maak maatjies met die een maatjie wat anders lyk of loop. Ek hoop dit gee gestremde mense ’n stem om hul stories te deel."

Top