Jean Lombard

Jean Lombard (geb Anthonissen) is in 1952 op Calvinia in die Noord-Kaap gebore, waar sy ook haar hoërskoolloopbaan voltooi het. Vanaf 1971 studeer sy aan die Universiteit Stellenbosch en spesialiseer nagraads in die Afrikaanse letterkunde. Haar MA-verhandeling handel oor die kortkortverhaal in Afrikaans.

Haar eerste werk is by CF Albertyn-uitgewery op Stellenbosch, waarna sy in 1978 as junior dosent begin klasgee aan die Universiteit Stellenbosch. Tydens ’n studieverloftydperk (1981–1982) studeer sy algemene literatuurwetenskap aan die Rijksuniversiteit in Utrecht, Nederland. In 1984 aanvaar beide sy en haar man doseerposte aan die Akademie vir Tersiêre Onderwys in Windhoek (later die Universiteit van Namibië), ’n pos wat sy tot 2003 beklee. Sy is van 1991–1996 departementele voorsitter. Einde 1999 voltooi sy haar doktorsgraad onder Heilna du Plooy aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, nou Noordwes-Universiteit. Die proefskrif het as onderwerp: “Waterslangverhale in en rondom Afrikaans: ’n ondersoek na mitisiteit as basis vir vergelykende literatuurstudie.”

In 2003 vertrek die gesin (daar is ook twee seuns) na Princeton in die VSA, waar Jean begin werk aan ’n bloemlesing wonderslangverhale. Ná twee jaar keer hulle terug na Suid-Afrika en sedert 2006 is sy as vryskut by verskeie aktiwiteite betrokke. Sy is onder meer intravertaler vir die nuwe beoogde Bybel in Afrikaans (Die Bybel: ’n direkte vertaling), deeltydse dosent, asook keurder en redigeerder vir meerdere Afrikaanse uitgewerye. In 2011 verower sy die LitNet-prys vir die beste Afrikaanse vertaling van die Nederlandse gedig “Vrijheid” deur Marion Bloem as deel van ’n internasionale projek wat tot vertalings van hierdie gedig in meer as 130 tale aanleiding gegee het.

Tien vrae: Jean Lombard oor Die ding in die riete

Jean Lombard, Naomi Meyer 2014-11-04 "Hierdie begeerte en soeke (na die geheel en al Onbegryplike) vind plaas deur middel van taal, en die verhale is ’n poging om nader te kom aan die begrip en verwoording van vrae waarvoor die rede en die sintuie geen bevredigende antwoorde kan bied nie."

Onderhoudend: Jean Lombard

Jean Lombard, Helize van Vuuren 2014-04-02 Jean Lombard oor kwessies van mite en moraliteit.

Kwessies van mite en moraliteit by G.R. von Wielligh se Boesman-optekeninge

Jean Lombard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-02-11

Von Wielligh noem uitdruklik dat die “onbeskaafde” Boesman oor nie veel meer as bygeloof beskik nie. Uit ’n noukeurige lees van die inleidings word dit egter duidelik dat hy veel meer waardering vir die Boesmans se godsdiensbelewing het as wat hy bewustelik toegee.

Vertaalkompetisie: Vryheid

Jean Lombard 2011-08-02 (Vertaling van "Vrijheid" deur Marion Bloem) 

Vertaalkompetisie: Vryheid

Jean Lombard 2011-08-02 (Vertaling van "Vrijheid" deur Marion Bloem) 
Top