Jatti Bredekamp

Henry “Jatti” Bredekamp is ’n voormalige direkteur van die Universiteit van Wes-Kaapland se Instituut vir Historiese Navorsing, en daarna, tot sy aftrede, uitvoerende hoof van Iziko Museums van Suid-Afrika. Hy is tans die verkose komiteevoorsitter van die Nasionale Erfenisbestuur in die Raad van die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronne-agentskap. Hy word beskou as vader van die moderne Khoi-San-herlewing.

Khoekhoegowab in die kollig-gesprek: indrukke van die dag

Glynn Alard, Catherine Arendse, John Cornelius Witbooi, Jatti Bredekamp, Willa Boezak, Celeste Matthews-Wannenburgh, Pedro Dausab Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2018-05-22

Op Saterdag 12 Mei het ’n geskiedkundige gesprek, “Khoekhoegowab in die kollig” (KKG-dialoog), by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands plaasgevind. Die gesprek is aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en !AL-OM (!Alom Aboriginal Customary Council). Menán van Heerden het foto’s geneem. Sprekers en deelnemers lewer kommentaar oor die gesprek.

Top