Janine Brown

Janine Brown is ’n gebore en getoë Paarliet. Sy het toerisme studeer, waarna sy by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument aansluit.  ’n Onlangse dankiesêbrief aan dié museum verduidelik mooi wat haar werk as Opvoedkundige Beampte behels: “Dit is nie maklik om leerders se aandag te behou met die aanbieding van die geskiedenis van 'n taal nie. U het egter uitstekend in hierdie opsig geslaag. Die aanbieding van die begin tot die einde was van uiters hoogstaande gehalte en die leerders het dit terdeë geniet. Hierdie onderwyseres weet ongetwyfeld wat sy doen.” Janine, haar man en dogter woon in die Paarl. Haar gunstelingdorp in die Noord-Kaap is Orania.

Onvertelde stories: Noord-Kaapse mondelinge-oorlewering-projek

Menán van Heerden, Isabeau Botha, Janine Brown Onderhoude 2017-06-21

"Die opteken van mondelinge oorlewering speel ’n belangrike rol in die bewaring van ’n taal en sy geskiedenis, veral om voorheen onvertelde en ongedokumenteerde geskiedenisse in te sluit." Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl het van 8 tot 11 Mei 2017 die Noord-Kaap besoek om inwoners se stories op te teken. 

Top