Jan H

Jan is in 1966 gebore, die jongste van twee broers, en woon die laaste 22 jaar in Hartbeespoort. Aanvanklik het hy ’n loopbaan in bedryfsingenieurswese gehad, maar die laaste 15 jaar is sy fokus op menslike hulpbronne-bestuur. Hy het ’n passie vir mense en spesifiek arbeidsreg, waarin hy hom aan die voormalige RAU gekwalifiseer het.

“My lewe het mooi, en soms kronkelpaaie geloop. Ek ken die mooi en die hartseer van die lewe. My ervaringe het my geleer wat die waarheid is. Ek ken die hoog en die laag, maar bo alles is ek eg.”

So amper Alice in Wonderland

Jan H Fiksie 2020-03-09

"Ek waardeer die mooi van die veld. Dan sien ek hom uit die hoek van my oog. Hy is altyd naby, net daar waar die veld ophou en die woud begin."

Top