Jan AF du Plessis

Jan AF du Plessis is ’n 47-jarige losloper-boeksmous (Boekerij by hAp - huis vir Afrikaanse poësie - in Capital Park. Het aan Tukkies studeer (fisika, wiskunde, tale, sielkunde en filosofie).

Ook bekend as DJ Kamikaze wat jare lank by al die groot raves die chill room behartig het. Hy is ’n fanatiese versamelaar (oor die 16 meter se Afrikaanse digbundels en kan die 100 meter hardloop op sy meer as 300 voet se langspeelplate en meer boeke as wat hy in drie leeftye gelees sal kry). Maak elektroniese musiek onder die name Bliss Abyss en Oto Kagami (Japannees vir klankspieël). Aan fliek verslaaf en dol oor reis (17 keer Londen en die hele Europa plat).

Hy skryf gedigte omrede dit die kunsvorm is wat die meeste met die minste vermag, en hou baie van vertaling.

Was sedert 1999 by oor die 100 Bekgeveg Poetry-slams betrokke (as klankman en DJ). Wil graag die eerste digter word om op die maan voor te lees (ha-ha).

Opgedateer/Updated: 2009-10-01

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Haikoe-kompetisie: Lyflied – ’n Haikoe-siklus deur Jan AF du Plessis

Jan AF du Plessis 2012-12-05 Jan AF du Plessis se siklus haikoes.
Top