My naam is Jan Adriaan Boshoff. Ek is gebore in Nelspruit en tans gevestig in Rustenburg. Ek is 16 jaar oud en het ’n liefde vir skryfwerk. My broer het my een aand geroep om iets op die internet te kom kyk en siedaar! Dit was LitNet se Wetenskapfiksie-kompetisie wat hy my wou wys. Dit was die eerste keer dat ek van LitNet gehoor het.