Jak de Priester het in 2002 Crescendo gewen en daarna opgang gemaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Sy debuutalbum, Sally Williams nougat (2003) het die Geraas-toekenning ontvang vir "Beste Nuweling". Sy tweede album, Strate van my hart (2004) is genomineer vir die Geraas-toekenning vir "Beste Manlike kunstenaar". Jak de Priester se derde album, Brooklyn 'Poet', het in 2005 verskyn. Jak de Priester skryf en sing ook die temalied vir die gewilde Afrikaanse MNet-drama, Binnelanders. Hy het ook in 2005 die letterkunde betree met sy debuut-digbundel, heuning in die mond.
Opgedateer/Updated: 2006-11-20
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za