Jou dienskontrak en aftreeouderdom: ’n onderhoud
2026-06-04Weens baie faktore, veral finansiële oorwegings, tree baie mense later af as in die verlede. Vir sommige mense is "aftrede" nie eens meer deel van hul woordeskat nie. Maar hoe gemaak as jou werk se dienskontrak bepaal dat jy slegs tot op ’n sekere ouderdom mag werk voordat jy verplig word om af te tree? Jacques Nieuwoudt en Judith Geldenhuys praat oor hul onlangs verskene LitNet Akademies (Regte)-vonnisbespreking: die billikheid van ouderdomsgebaseerde diensbeëindiging.
Vonnisbespreking: Die billikheid van ouderdomsgebaseerde diensbeëindiging
2026-05-28"Die regs- en beleidsimplikasies van werkgewerdiskresie om aanstellings te maak na aftrede word [...] ondersoek ten einde die bewysregtelike en etiese kompleksiteit van arbeidsgeskille wat handel oor die beëindiging van die diensverhouding nadat werknemers aftreeouderdom bereik het, uit te wys."

