Jacolize Poalses

Jacolize Poalses is ’n senior navorser in gedragsnavorsing en hoof van die Gedrags-, Kommunikasie- en Verbruikersneurowetenskap-navorsingseenheid by die Buro vir Marknavorsing (BMR) by Unisa.

Sy het haar navorsingsloopbaan in Januarie 2010 by die BMR begin en het sedertdien ’n reeks navorsingspublikasies vervaardig.

Sy het ’n groot belangstelling in navorsing, met die fokus op welstand, geluksmeting en die rol van emosie in besluitneming. Die fokus daarvan sluit in verbruikers- en besigheidsgedrag en tevredenheidstudies (werknemer en kliënt), media verbruik, bemarkingskommunikasie, handelsmerkreputasie, nakomingsgedrag, organisasieontwikkeling en korporatiewe klimaat, en personeelmoraal.

Sy het ’n meestersgraad in Navorsingsielkunde en haar tesis vir ’n PhD-graad in Sielkunde is onlangs ingedien en aanvaar.

Reguit met Robinson: Suid-Afrikaners se finansies

Freek Robinson, Jacolize Meiring, Jacolize Poalses Onderhoude 2022-08-24

Wat is die impak van stygende lewenskostes, inkomste-ongelykheid, korrupsie en die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaners se finansiële en sielkundige welstand? Freek Robinson gesels met Jacolize Meiring en Jacolize Poalses van die Buro vir Marknavorsing (Unisa). 

Top