Jacolize Meiring

Jacolize Meiring is ’n senior navorser by die Buro vir Marknavorsing (BMR) by Unisa waar sy die hoof van die Persoonlike Finansies navorsingseenheid is.

Sy het ’n groot belangstelling in ekonomiese navorsing, data-analise en ekonometriese modellering, veral op die gebied van persoonlike finansies en finansiële geletterdheid.

Sy het ’n breë begrip van statistiese en ekonometriese konsepte en modelle en ’n passie om komplekse inligting en analise na ’n verstaanbare formaat te vertaal.

Haar professionele loopbaan en ervaring sluit in navorsing, akademiese skryfwerk, data-analise, konsultasie en opleidingsrolle.

Haar spesialiteite sluit in ekonomiese navorsing, statistiese modellering, ekonometriese modellering, data-analise en visualisering.

Sy het ’n meestersgraad in Ekonometrie en is tans besig met haar voorstel vir ’n PhD-graad in Ekonomie.
 

Huishoudings en finansies: wat sê die navorsing?

Freek Robinson, Jacolize Meiring Onderhoude 2022-11-25

Hoe kan huishoudings beter beplan en doelwitte stel? Freek Robinson gesels met Jacolize Meiring van die Buro vir Marknavorsing (Unisa). 

Reguit met Robinson: Suid-Afrikaners se finansies

Freek Robinson, Jacolize Meiring, Jacolize Poalses Onderhoude 2022-08-24

Wat is die impak van stygende lewenskostes, inkomste-ongelykheid, korrupsie en die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaners se finansiële en sielkundige welstand? Freek Robinson gesels met Jacolize Meiring en Jacolize Poalses van die Buro vir Marknavorsing (Unisa). 

Top