Jaco Strydom

Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling (’n organisasie sonder winsoogmerk met onder andere 13 huise vir jongmense in nood) en is deeltyds gekoppel aan Villieria NG Gemeente. Hy is ’n rubriekskrywer vir verskeie publikasies. Meer 200 van sy artikels en rubrieke het die afgelope tien jaar verskyn in onder andere BeeldRapportFinesseKerkbode, Maroela Media, Taalgenoot en Weg. Hy is ook ’n gereelde blogger (Anderkant die doringdraad). 

Jaco het vir ’n tyd lank in Indië gewoon en was betrokke by verskeie projekte in Suid-Asië en Afrika.

Een van Jaco se stokperdjies is roei; hy onderneem deur die jare ’n aantal solo-reise na afgelëe plekke met sy kayak (roei  onder andere solo vir meer as ’n maand lank  vanaf Vaaldam tot by die see, ook talle soortgelyke reise na afgelëe plekke in Transkei, Mosambiek, Tanzanië, Noord-Pakistan, Andaman-eilande en Zanzibar). Hy is oortuig dat gereelde afsondering in die natuur net so belangrik is as om in gemeenskap te lewe.  

Jaco het in Randburg gematrikuleer en daarna gestudeer by die Noord-Wes Universiteit en die Universiteit van Pretoria. Hy woon tans in die Echo-gemeenskap in Villeria. 

Eendag is te ver: ’n onderhoud met Jaco Strydom

Naomi Meyer, Jaco Strydom Skrywersonderhoude 2025-07-02

"Dis belangriker om lewendig te voel as om lekker te voel."

Top