Jaco Prins

Jaco Prins matrikuleer in 1998 aan die Hoërskool Bellville. Na skool verwerf hy ’n Nasionale Diploma in Landbou (2001) aan die Kaapse Tegnikon. Na ’n kort draai in Ceres se vrugtebedryf gaan hy vir ’n jaar in die VSA se landbou- en bootkonstruksie-bedryf werk, waarna hy vir vyf jaar in Brittanje werk. Hier word hy deur kontak met die Britse Weermag aan die veld van staatsmanskap, leierskap en internasionale verhoudinge blootgestel.

Terug in Suid-Afrika, beoefen hy verskeie beroepe, soos Afrika-toergids, assistentwynmaker, besigheidsbestuurder, reisagent en entrepreneur. Rondom 2012 raak hy as vrywilliger by die Demokratiese Alliansie betrokke en na die 2014-verkiesing by die Vryheidsfront Plus.

In 2016 gaan werk hy weer vir ’n ruk in die VSA se landbousektor. Met sy terugkoms in 2017 werf die VF Plus Wes-Kaap hom as provinsiale organiseerder en na ’n baie suksesvolle verkiesing vir die party in 2019 word hy tot parlementêre navorser bevorder.

In die nasionale verkiesing van 2019 asook die munisipale verkiesing van 2021 doen hy waardevolle politieke ervaring op deur as kandidaat in dié verkiesings te staan. In 2019 begin hy ook BSocSci (Politieke Wetenskap) buitemuurs aan Akademia te studeer en is deel van die eerste inname van studente in hierdie kursus. In 2021 verwerf hy dié graad cum laude. Hy stel hoofsaaklik in regeerkunde, internasionale verhoudinge en konflik/konflikoplossing belang.

Jaco woon in die Noorder-Paarl saam met sy vrou, Francine, en hulle twee jong kinders.

Obstacles impeding oversight by opposition parties in the South African parliament

Jaco Prins Academic research 2022-12-22

"By this, the parliament is reduced to an instrument of the ANC, for the implementation of its ideology and empowerment of its elite cadres, at the expense of South Africa. The opposition is still allowed to exist in order to obtain a form of apparent legitimacy."

Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer

Jaco Prins LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-22

"Die speaker laat gereeld ministers wegkom met onvolledige en ontwykende antwoorde op vrae en die ontduiking of ignorering van vrae, en beskerm ministers wat die proses ondermyn of totaal sinnelose antwoorde gee. Daar is ook geen geleentheid om vrae gedurende reses of kiesafdelingtyd in te handig nie."

Top