Jaco Alant

Jaco Alant gee sedert 1989 Frans aan verskillende universiteite. Sedert 2008 is hy medeprofessor in Frans aan die Universiteit van KwaZulu-Natal. Hy was tussen 2013 en 2016 redakteur van die vaktydskrif French Studies in Southern Africa en is ’n voormalige president van die Vereniging van Franse Studies in Suider-Afrika (AFSSA). Sy gepubliseerde akademiese artikels is meestal op die gebied van (Franse) literêre teorie en hy het ook al enkele meningstukke oor Afrikaans tot LitNet bygedra. Hy is die skrywer van ’n boek oor Afrikaans, Parlons Afrikaans, wat in Desember 2004 deur L’Harmattan in Frankryk gepubliseer is, en ’n roman uit sy pen, Is mos oos, verskyn in Oktober 2021 by Protea Boekhuis. Hy woon in Durban saam met sy vrou, Busisiwe, en sy dogter, Nomonde.

"... en sy verlossing het nie gekom nie." In Suid-Afrika, Eilande gelees binne ’n resepsie van lyding

Jaco Alant LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-11-05

"Die lydingsresepsie van Eilande en die 'redding' waarvan daar sprake is, is universeel menslik; terselfdertyd kan dit ook, ten minste in sekere opsigte, gesien word as die persoonlike selfgelding van ’n skrywer."

"So, in desperation, did he cling to the word hope." In South Africa, Islands read within a reception of suffering

Jaco Alant Academic research 2021-11-05

"Islands, then, is received by Brink as the quintessential novel illustrating South Africa’s overcoming of its colonial past – in other words, its liberation."

Louis Althusser and Jacques Derrida. Interconnections of sense and the sensual in two contemporaneous texts

Jaco Alant Academic research 2019-10-15

“The focus is on Althusser’s and Derrida’s use of ‘sensual’ words (metaphors) in the communication of their (highly abstract) philosophical ideas.”

Louis Althusser en Jacques Derrida. Raakpunte van sin en die sintuiglike in twee tydgenootlike tekste

Jaco Alant LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-10-15

“En die sintuiglike – woorde van die ervaringswêreld en ondervindelike – het juis weens Althusser en Derrida se tydgenootlikheid na vore getree as onderwerp.”

O red ons liewe God van die taalklousulekomplot

Jaco Alant Seminare en essays 2015-12-15

"Kortom, mense ontwikkel hulle taal nie uit nood nie (lees: oor hulle nie Engels magtig is nie), maar omdat hulle hulself en hul kinders, hulle 'mense', om een of ander rede in hul taal wil laat geld."

Afrikaners is nostalgierig: Afri-Frans as vertaling van identiteit

Jaco Alant 2013-07-24 "Afri-Frans word as deel van die nostalgie-genre in die Afrikaansgesinde musiekbedryf gesien, en die vertaalkundige dimensie van Afri-Frans, wat die vertaling van ’n aantal liedjies van Afrikaans na Frans behels, word binne hierdie “nostalgie” geïnterpreteer as wisselwerking, deur middel van vertaling, van taal en verskeie aspekte van identiteit."

Verpligte Zoeloe by UKZN: bestuursbesluit, plekhouer of veeltaligheidsbaanbreker?

Jaco Alant 2013-06-04 "... taal was maar altyd ’n voorwendsel vir iets anders. Nou wil ek nie voorgee dat UKZN se gebasuinde ontwikkeling van die Zoeloetaal sonder meer gaan oor 'ras' nie. Maar dat dit wel gepaard gaan met ’n stywe dosis ideologie ... is redelik seker."

Oor bemagtiging, taal en die Afrikaans-debat in die Coca-Cola-demokrasie
2006

Jaco Alant 2007-06-29 By die amptelike viering van Nelson Mandela se 85ste verjaarsdag op 19 Julie 2003, regstreeks uitgesaai op SABC3 vanaf die Sandton Konvensiesentrum, is nie ’n enkele woord in Afrikaans gesing nie. Daar is swierig konsert gehou saam met ...
Top