Ita Viljoen

Ita is so amper 50 jaar oud en is ’n finansiële bestuurder in die siviele en meganiese konstruksiebedryf. Sy het sedert 2013 ook haar hand begin waag aan ’n paar nuwe projekte, onder meer die bestuur en bespreking van ’n professionele sangeres en dan,  natuurlik, haar liefde vir skryf. Sy het geen formele opleiding in taal of skryfkuns nie, maar het ’n besonderse verhouding met en liefde vir woord en taal. Ita skryf uit haar hart en die woorde word meestal gebore uit persoonlike ondervindings en kwessies wat haar raak. "My skryfwerk is vir gewone vroue, jonk en oud, want soms is dit makliker om te skryf as om te praat."

Vrouedag-skryfkompetisie: My ma

Ita Viljoen Skryfkompetisies 2019-08-13

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Ita Viljoen: " ... dementia is ’n monster wat die stemme van buite uitdoof en ou mense vaskeer in ’n wêreld vol vreemdelinge."

Top