Links en regs: Hoe lyk die huidige globale politieke toneel?
2024-07-10Brittanje en Frankryk het in die onlangse verkiesings na links geswaai, en in die VSA kan die regse kandidaat Donald Trump moontlik weer tot president verkies word. Waar pas Suid-Afrika, ander Afrikalande en ander lande in die Europese Unie in hierdie prentjie? Freek Robinson gesels met Isabel Bosman, ’n navorser by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede (SAIIA).

