Irma Albers

Irma Albers, waarnemende uitvoerende hoof van die Suidoosterfees, was in die onderwys vir tien jaar en werk vanaf 1993 in die kreatiewe-kunsteomgewing.

Sy was hoof van Distell se korporatiewe kuns en kultuur-borgskappe waar sy verantwoordelik was vir onder andere die bestuur van 35 gemeenskapsontwikkelingsprojekte landswyd, die Fleur du Cap-teatertoekennings, Oude Libertassentrum en die Nederburg-konsertreekse.

Sy woon in Kaapstad en het ’n passie vir die kunste, opvoeding, mense en die natuur.

Suidoosterfees 2019: ’n onderhoud met Irma Albers

Menán van Heerden, Irma Albers Suidoosterfees 2019-04-26

"Die Suidoosterfees, nou in sy sestiende jaar, bly streef om tydens die fees iets vir almal aan te bied, vandaar ons nuwe slagspreuk ’n fees vir almal." Menán van Heerden gesels met Irma Albers, die waarnemende uitvoerende hoof, oor 2019 se fees.

Top