Ilana Retief is n student op Stellenbosch wat tans n BA in Visuele Kommunikasie met n fokus op Illustrasie swot. Haar skryfwerk volg temas van die moderne Afrikaner, met klem op die kontemporere ervaring van jong Afrikaners. Sy kombineer boekbinding, illustrasie en fotografie in haar grafiese praktyk gepaard met haar poesie om die wisselwerking tussen die verlede en toekoms te ontlont.