Hester Schutte

Hester Schutte is gebore in Pretoria, 1992. Sy het haar skoolloopbaan in Keetmanshoop, Namibië, begin waarna sy dit voortgesit het in Sannieshof, Suid-Afrika. As kind het sy vroeg die vreugde van studeer by haar ouers en familie geleer. Haar liefde vir wiskunde en fisika was geïnspireer deur onder andere, ’n belangstelling in die ruimte-wedloop se geskiedenis. In 2011 het sy haar universiteitsloopbaan begin, en in 2015 haar BSc-graad in Fisika en Toegepaste Wiskunde met lof verwerf en is lidmaatskap van die Golden Key Honor Society toegeken. Daarna het sy ’n honneursgraad in Astro- en Ruimte-Fisika gedoen. Gedurende die 2016 – 2017 Antarktika Someroorgang, was Hester deel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-Agentskap span (SANSA), waar sy met die instandhouding van wetenskap waarnemingstoestelle gewerk het. In 2018 het sy haar meestersgraad in Astrofisika verwerf en sy is tans besig om haar doktorsgraad in haar navorsingsrigting voort te sit. Hester skilder in haar vrye tyd en geniet die natuurskoon en fotografie.

  • Foto: verskaf

Lindau Nobelpryswenners-vergadering: ’n onderhoud met twee studente

Cliffordene Norton, Hannes Thiersen, Hester Schutte Onderhoude 2019-08-02

Twee studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) is vanjaar gekies om die beroemde jaarlikse Lindau Nobelpryswenners-vergadering by te woon. Hester Schutte, ’n PhD-student, en Hannes Thiersen, ’n MSc-student van die Sentrum vir Ruimtenavorsing in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het die vergadering van 30 Junie tot 5 Julie 2019 in Duitsland bygewoon. Die Lindau-vergadering bring 30 Nobelpryswenners en ongeveer 600 beste voorgraadse en PhD-studente en navorsers ter wêreld bymekaar. Cliffordene Norton gesels met hulle.

Top