Henry Mylne het ’n BCom LLB aan die Universiteit Stellenbosch behaal en hy is toegelaat tot die advokaterol. Aan die UOVS het hy ook ’n honneurs in drama (cum laude) verwerf. Verder beskik hy oor ’n Lisensiaat van die Akademie vir Dramakuns (summa cum laude). Henry het die Piers Nicholson-toekenning vir Grootste Bydrae tot die Uitvoerende Kunste in die OVS by SUKOVS ontvang.
Henry is veral bekend vir sy werk as teater- en TV-regisseur en hy is met ’n string toekennings bekroon. Hy was in die regisseurstoel vir teaterstukke soos Huis toe, Vaselinetjie, Beauty Queen, Vrou uit die see, Hartsondes en My Night with Reg. As TV-regisseur was hy verantwoordelik vir produksies en reekse soos Ballade vir ’n enkeling 1 en 2, Die houtbord, Egoli en 7de laan.