Henrita van Wyk

Henrita van Wyk verwerf onderskeidelik haar BEd-graad met Afrikaans as hoofvak (2017, Cum Laude), ’n BEd-honneursgraad in Afrikaanse Taalonderwys (2019, Cum Laude), asook ’n MEd-graad in Kurrikulumstudies (2023, Cum Laude) aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Sy is vanaf 2018 ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-onderwyseres en het ook ervaring in die onderrig van Afrikaans Huistaal. Sy is vanaf 2019 ’n nasiener van die Nasionale Senior Sertifikaateksamen vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (Vraestel 1 en 3). Sy handel haar MEd-studie getiteld ’n Leerdergesentreerde onderrigraamwerk vir EAT-Afrikaansonderwysers ter bevordering van selfgerigte lees van letterkunde in die hoërskool, in 2023 af en het in 2024 hierdie navorsing by die 7th International Conference of Self-directed Learning met sukses aangebied. Voorts was Henrita in 2025 betrokke by ’n projek vir die Virtuele instituut vir Afrikaans (VivA) wat klaskamerhulpmiddels rakende skryftekens vir EAT-leerders ontwikkel het.

A teaching framework for self-directed reading of literature in Afrikaans First Additional Language

Henrita van Wyk, Elize Vos, Carmen du Plessis Academic research 2025-08-14

“This research report makes an essential contribution by offering Afrikaans FAL teachers a learner-centred teaching framework that integrates appropriate reading and viewing strategies to guide learners in the Senior and FET phases …”

’n Onderrigraamwerk vir selfgerigte lees van letterkunde in Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Henrita van Wyk, Elize Vos, Carmen du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-14

“Afrikaans EAT-leerders se swak leesbegrip word toegeskryf aan ’n gebrekkige woordeskat, onkunde rakende leesstrategieë, gebrekkige belangstelling, vreemdetaalonderrig en swak taalvaardighede.”

Top