My naam is Henning Blaauw. Eks is in gr. 10 by hoërskool DF Malan. In ’n skooldag is my gunstelling-vakke IGO en skeinat. IGO is lekker omdat die meneer baie snaaks is en ek hou van teken. Ek hou van skeinat aangesien dit baie van my vrae oor hoe als werk, beantwoord.
My gunstelling-stokperdjies sluit hokkie, televisie kyk en kitaarspeel in. Ek is die oudste van twee broers en hy is die witbroodjie.
As ek skryf, hou ek daarvan om my verbeelding met my te laat weghardloop. In my stories is daar altyd ’n onverwagse draai, heeltemal teen die verloop van gebeure. Die hoofkarakter gaan gewoonlik dood. Flieks met gelukkige eindes irriteer my regtig baie.
Ek gebruik my skryfstyl om hierdie frustrasies uit te kry.