Hennart van Schalkwyk

Hennart van Schalkwyk is ’n vakkundige navorsingspesialis op die gebied van onderwyseropleiding met ’n besondere fokus op die onderwyser as assessor. Hy het beide ’n  MA in die nieformele onderwys en ’n PhD in Kurriulum- en Onderrigstudies aan Unisa verwerf. Hy het uitgebreide ervaring in die veld van onderwyseropleiding en die ontwikkeling van assesseringsverwante leerprogramme, insluitend die ontwikkeling van ’n praktiese onderwysprogram vir ’n hoëronderwysinstelling in Suid-Afrika. Hy het as onafhanklike outeur en in samewerking met mede-akademici verskeie publikasies, insluitend onderwyseropleidingstekste en ander studiemateriaal in beide kontak- en OAO-kontekste die lig laat sien. Sy navorsing fokus tans op die bevoegdheid van onderwysstudente as assessors in beide kontak- en OAO-kontekste. Hennart doen op hierdie stadium navorsing saam met Geesje van den Berg aan Unisa se onderwyskollege.

The voices of knowledgeable and experienced practitioners in reformulating clear standards for the assessment of assessor competence in teacher education

Hennart van Schalkwyk, Geesje van den Berg Academic research 2025-07-21

"The purpose of this study was to hear the voices of information-rich and experienced practitioners in ITE, and to reformulate standards of assessor competence with clarity. [...] The research focused on hearing voices regarding the context in which student teachers, as assessors, are educated and assessed at a distance education university in South Africa."

Die stemme van kundige en ervare beoefenaars van assessering by die herformulering van standaarde van assessorbevoegdheid in onderwyseropleiding

Hennart van Schalkwyk, Geesje van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-21

"Terwyl literatuurstudies en dokumentontleding navorsing aangaande standaarde kan inlig en ’n oorsig kan gee van hoe standaarde tans in literatuur beskryf word, moet die stemme van ervare en kundige beoefenaars van die assessering van onderwysstudente ook ingesluit word om die herformulering van standaarde te lei."

En route to clear standards and criteria for the assessment of the competence of student teachers as assessors

Geesje van den Berg, Hennart van Schalkwyk Academic research 2025-01-03

"This article, by nature an in-depth literature study, searches for deeper understanding of the phenomenon assessing the competence of student teachers as assessors using appropriate standards and criteria."

Op weg na helder standaarde en kriteria vir die assessering van die bevoegdheid van onderwysstudente as assessors

Hennart van Schalkwyk, Geesje van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-01-03

"Hierdie studie bevestig dat daar ’n behoefte aan werklik bevoegde onderwysers in ’n groeiende onderwysstelsel bestaan, en ’n dringende prioriteit is ten spyte van die nalatenskap van ’n gefragmenteerde, ongelyke en gebroke verlede, omdat die uitdagings van die onderwystoekoms veel groter as die nalatenskappe van die verlede is."

Top