Bekendstelling van die Winnie Rust-stigting
2019-06-11"Vir ons was die bekendstelling van die Winnie Rust-stigting ’n simboliese, nuwe begin. Ons wou dit graag met ander deel en die trauma van die moord en lang hofsaak na die agtergrond skuif. Ons was gretig om die rol van passiewe slagoffers te verruil vir dié van bouers van ’n beter toekoms vir ander. Ons het geweet dit sou nie maklik wees nie, maar ons moes iewers begin."

