Helena Gunter

Helena Gunter is op 19 November 1954 op Riversdal gebore. Sy het op die plaas Rhenosterfontein, naby die mond van die Breërivier, grootgeword. Sy matrikuleer in 1972 op Heidelberg. Sy behaal ’n B.A.-graad en ’n Hoër Onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch en onderrig daarna Afrikaans en Geskiedenis aan o.a. die Hoërskole Strand, D.F. Malan, Bloemhof en Paul Roos Gimnasium.

Nadat sy ’n honneursgraad in Afrikaans behaal het deur Unisa, inspireer haar belangstelling in “literatuur as geskiedenis” haar om haar studies voort te sit en behaal sy ’n M.A.-graad in Kreatiewe Skryfkunde onder leiding van Marlene van Niekerk aan die Universiteit van Stellenbosch. Haar eerste kortverhaalbundel, Op ’n plaas in Afrika, verskyn in 2007. Sy ontvang die Eugène Marais-prys in 2008 vir dié bundel.

In 2011 verskyn haar tweede bundel kortverhale Met koffer en kaart.

In 2008 was sy op die kortlys vir die UJ-debuutprys en die Jan Rabie/Rapport-toekenning vir Op ’n plaas in Afrika.

Boeke steeds in druk:
Met koffer en kaart, Human & Rousseau (2011)
Op ’n plaas in Afrika, Human & Rousseau (2007)

Bekronings:
Eugène Marais-prys (2008) – Op ’n plaas in Afrika

Lys van publikasies:
2011 Met koffer en kaart, Human & Rousseau
2007 Op ’n plaas in Afrika, Human & Rousseau

Nuwe Stories 2013-onderhoud: Helena Gunter

Gerdus Senekal, Helena Gunter 2013-01-29 Helena Gunter gesels oor die kuns van kortverhale skryf.
Top