Helen Meyer

Dr Helen Meyer is ’n senior lektor in programleier (Program: Mensehulpbronopleiding en -ontwikkeling) in die Skool vir Mensehulpbronwetenskappe, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus). Sy spesialiseer in opleiding en ontwikkeling, asook psigologiese geweld (bullebakkery) in die werksplek. Sy het al verskeie referate op internasionale konferensies gelewer en ook in geakkrediteerde nasionale en internasionale wetenskaplike tydskrifte gepubliseer. Helen is ook ’n geregistreerde assessor, moderator, vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerder en kurrikulumontwikkelaar, en is as Meesterspraktisyn (leer en ontwikkeling) by die Suid-Afrikaanse Raad vir Mensepraktisyns (SABPP) geregistreer. Sy is ook as psigometris by die Suid-Afrikaanse Raad op Gesondheidsberoepe geregistreer.

Afknouery en bullebakkery teenoor onderwysers

Nehemiah Phooko, Helen Meyer, Estelle Kruger Onderhoude 2017-07-31

"Slagoffers is bang om te praat, omdat dit aanleiding kan gee tot meer teistering. Hulle verduur dus die situasie met die hoop dat dit sal oorwaai en omdat dit hul bron van inkomste is wat hul nie kan verloor nie, en dit verklaar ook die geweldige trauma en spanning wat hul ervaar."

High school teachers’ experience of psychological violence in the Free State

Nehemiah Phooko, Helen Meyer, Erika Fourie, Tiaan Kirsten Academic research 2017-07-26

"Despite the high incidence of psychological violence among teachers, the teachers are often reluctant to report psychological violence because, among other things, they fear possible intimidation and harassment at the hands of the perpetrators."

Hoërskool-onderwysers in die Vrystaat se ervaring van psigologiese geweld

Nehemiah Phooko, Helen Meyer, Erika Fourie, Tiaan Kirsten LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-07-26

"In die lig van Suid-Afrika se behoefte aan onderwysers kan die land en die onderwyssektor nouliks ’n verlies aan onderwysers as gevolg van psigologiese geweld bekostig."

Top