Hanrie Bezuidenhout

Hanrie Bezuidenhout (BEd Grondslagfase; BEd Honneurs; MEd Kinderontwikkeling; PhD Kinderontwikkeling) is tans ’n postdoktorale navorsingsdeelgenoot in die National Research Foundation (NRF) SARChI-leerstoel vir Geïntegreerde Studies van Taal-, Wiskunde- en Wetenskapleer in die Laerskool in die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Johannesburg. Die fokus van haar navorsing is om navorsingsgebaseerde onderrigmateriaal en gevalideerde assesseringsinstrumente vir jong kinders te ontwikkel. Die integrasie van haar onderrigervaring met navorsingskennis vorm die grondslag van haar navorsingsbenadering. Sy gebruik ’n navorser-opvoeder-saamwerk-ekosisteem, waar sy saam met onderwysers en ander navorsers werk om assesserings- en onderrigmateriaal in verskeie Suid-Afrikaanse tale te ontwikkel en vertaal. Haar huidige projekte sluit in i) die ontwikkeling en vertaling van numeriese en wiskundige woordeskatassesserings; ii) die vertaling van ’n reeks numeriese storieboeke vir jong kinders; iii) die ontwikkeling van ’n reeks robotikastorieboeke vir jong kinders; iv) die uitvoering van een van die eerste funksionele naby-infrarooi spektroskopie (fNIRS) -studies vir wiskundige woordeskatontwikkeling in Afrika; en v) die skep van ’n Suid-Afrikaanse webdiens vir Suid-Afrikaanse onderwysers, navorsers, ouers en onderwyseropleiers. Sy dien op die redaksieraad van die South African Journal of Childhood Education.

The effectiveness of using translated dialogue reading books for the development of mathematics vocabulary and mathematics skills in classroom groups

Hanrie Bezuidenhout, Parvin Nemati Academic research 2025-07-18

"This study aimed to translate an existing series of three English dialogue reading books for mathematics vocabulary into Afrikaans and assess their impact on Grade RR learners’ mathematics vocabulary and mathematics performance over a period of four weeks. Unlike prior studies, this intervention is classroom-based, offering insights into its effectiveness in larger group settings."

Die doeltreffendheid van die gebruik van vertaalde gesprekstorieboeke vir die ontwikkeling van wiskundewoordeskat en wiskundevaardigheid in klasgroepe

Hanrie Bezuidenhout, Parvin Nemati LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-18

"Die deelnemende kinders is ewekansig in ’n intervensiegroep (n = 35) en ’n vergelykende groep (n = 26) verdeel waarna onderwysers drie gesprekstorieboeke oor ’n tydperk van vier weke minstens vier maal vir die intervensiegroep leerders gelees het om wiskundegesprekke in die klas te ontlok. "

Top