Hannes Thiersen

Johannes Hendrik Erasmus Thiersen is ’n student by die Noord-Wes Universiteit. Hy het ’n B.Sc.-graad in Laserfisika by die Universiteit van Stellenbosch in 2014 en ’n Hons BSc in Fisika by die Noord-Wes Universiteit in 2016 verwerf. Tans is hy besig met ’n MSc-graad in Astrofisika. Hannes het al ’n verskeidenheid konferensies bygewoon en sy navorsing aangebied oor die veranderende emissie van aktiewe sterrestelsels. Hy was gekeur as een van 600 top jong wetenskaplikes om die 69ste Lindau Nobel Laureate Meeting by te woon in 2019. Hy beplan om sy studies voort te sit met ’n PhD in 2020 wat ’n voortsetting van sy huidige navorsing in astrofisika sal behels.

  • Foto: verskaf

Lindau Nobelpryswenners-vergadering: ’n onderhoud met twee studente

Cliffordene Norton, Hannes Thiersen, Hester Schutte Onderhoude 2019-08-02

Twee studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) is vanjaar gekies om die beroemde jaarlikse Lindau Nobelpryswenners-vergadering by te woon. Hester Schutte, ’n PhD-student, en Hannes Thiersen, ’n MSc-student van die Sentrum vir Ruimtenavorsing in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het die vergadering van 30 Junie tot 5 Julie 2019 in Duitsland bygewoon. Die Lindau-vergadering bring 30 Nobelpryswenners en ongeveer 600 beste voorgraadse en PhD-studente en navorsers ter wêreld bymekaar. Cliffordene Norton gesels met hulle.

Top