Handa van der Westhuizen

Handa van der Westhuizen

Handa is in 1966 gebore, getroud met Braam en het een dogter en twee seuns, gebore uit haar hart. Sy het ook die toekenning van Ouma ontvang en het drie pragtige kleinkinders. Sy is baie lief vir sang en musiek, glo in feëverhale en het ’n hart vir kinders wat nie ’n plek in die lewe het nie. "Ek is baie kreatief en hou van lag want dit haal die plooie uit die hart." Handa is tans ’n persoonlike assistent vir ’n ortopeed, maar haar droom is om te skryf, skryf, skryf. 

Vrouedag-skryfkompetisie: Meisie van Elandsvlei

Handa van der Westhuizen Skryfkompetisies 2019-08-18

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Handa van der Westhuizen: "Faan kan dit een oggend net nie meer verduur nie. Hy los sy koffie en stap buitentoe. Ek kan sien hy is besig met ’n gesprek, maar met wie?"

Top