Gustav Barnard

Gustav Barnard is opgelei in syfers en besigheid in die sin dat hy ’n geoktrooieerde rekenmeester is en ’n MBA by Tukkies verwerf het. Op ’n stadium het hy ’n klomp houtwerkmasjiene aangeskaf, aangesien hy niks van houtwerk geweet het nie. Onbesoedeld deur kennis het hy toe suksesvol begin om dosyne wynrakke te ontwerp en duisende te maak. Later was hy ’n bestuurskonsultant en nog later in die handel.

Sy werklike belangstelling lê in die esoteriese wêreld, met nadruk op bewussyn. Hy het ’n tyd lank mense geleer om te mediteer. Hy het sy doktoraal by Unisa verwerf en die titel daarvan is “The Religious Philosophy of Consciousness of Sri Aurobindo”. Hy het ’n populêre boekie oor bewussyn geskryf: A Simple Plan for Enlightenment.

Hy was lange jare in Pretoria en bly nou op Jeffreysbaai, waar hy wit of rooi wyn aan besoekers bedien. In ekstreme gevalle, tee of koffie.

 

Opgedateer/Updated: 2010-11-16

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Avatar: 'n Mitologie vir ons tyd? Gustav Barnard reageer

Gustav Barnard, Gustav Barnard 2010-11-11 Gustav Barnard reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Met sy artikel oor Avatar maak Ferreira ’n belangrike toevoeging tot ...
Top