Grant Jefthas

Grant Jefthas is in 1986 in Franschhoek gebore en voltooi sy skoolloopbaan by Groendal Sekondêr in 2003.

In 2004 skryf hy in vir ’n BCom in Kommunikasiebestuur by die Noord-Wes Universiteit se Potchefstroom Kampus. As student was hy stigterslid van die dramagroep DIVACO en was betrokke by verskeie kulturele aktiwiteite. Hy voltooi sy studies in 2009. As student en jong volwassene was hy altyd aan die skryf. Sy gedig "as jy hardloop" het tweede plek behaal in die Franschhoek Literatuurfees Digkompetisie in 2010. In 2014 was dit gepubliseer in Maskew Miller Longman se Graad 11-Afrikaanshandboek, Afrikaans sonder Grense. Sy gedig “Moordtoneel” was in 2020 gepubliseer in die bloemlesing Kreatio in Motu deur Kreatio. Sy gedig “Vreetsaam” het in Januarie 2022 die top 20 gehaal in LitNet se “Eet my Woorde”-digkompetisie.

AfvlerkMens is sy debuutbundel. Dit is uitgegee deur Minimal Press.  Grant is tans werksaam as senior konsultant in die Kliëntediensafdeling van Stellenbosch Universiteit.

Afvlerkmens: ’n onderhoud met Grant Jefthas

Naomi Meyer, Grant Jefthas Skrywersonderhoude 2022-05-20

"Met 'Scheme-Kind' verklaar ek trots dat ek van die ghetto is. Die 'ghetto' van Franschhoek, Mooiwater HOP Skema, wat die toeriste nie eens van weet nie. Ek verklaar: 'Kinders uit sulke skemas, plakkerskampe en plase kan dit ook maak!'"

Top