Gerhard Horn
Gerhard Horn is in 2010 gekies as die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste se beursstudent. Na afloop van dié jaar is hy aangestel as ’n joernalis by Autodealer, die grootste motorpublikasie in Suid-Afrika. Na ses maande is hy bevorder tot redakteur van hierdie publikasie. Op 27-jarige ouderdom is hy die jongste persoon wat nog dié pos beklee het. Gerhard bly tans in Randburg saam sy vrou Febé. Sy gunsteling-motor op die oomblik is die Toyota 86, wat hy beskryf as ’n "adrenalienpil vir die siel".
Fokusberoep: Motorjoernalis
Gerhard Horn, LitNet
2012-10-16
Wens jy jy kon soos Jeremy Clarkson betaal word om in vinnige motors rond te ry? Gerhard Horn gee raad oor hoe om ’n motorjoernalis te word.