Gerald W Davids

Gerald W Davids is 'n boorling van die Bolandse dorpie Franschhoek, waar hy ook grootgeword het (Geboortedatum: 17 Julie 1957). Hy voltooi sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Emil Weder op Genadendal en beleef daarna die stormagtige jare van onrus en studenteverset teen Apartheid toe hy in 1976 aan die UWK begin studeer. Hy voltooi sy BA-Honneurs (Afrikaans) en BEd aan die Universiteit van Wes-Kaapland en verwerf sy Hoër Onderwysdiploma aan UNISA.


Gerald het sy onderwysloopbaan begin aan die Bonteheuwel Sekondêre Skool (1980 - 1984) en het daarna verskuif na Scottsville Sekondêre Skool (1985 - 1993). 1994 is hy aangestel as Senior Vakadviseur (Afrikaans) by die Wes-Kaap Onderwysdepartement. Gerald is tans Senior Kurrikulumadviseur vir Afrikaans (WKOD) en Koördineerder: Verdere Onderwys en Opleiding (Sentraal Metropool).



Opgedateer/Updated: 2007-11-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top