George Pelser is in 1987 in Roodepoort gebore en het sy skoolloopbaan in Witbank en Rustenburg voltooi. In 2005 het hy aan die Hoërskool Rustenburg gematrikuleer waarna hy by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) regte gaan studeer het. Hy voltooi sowel sy LLB in 2009 as ’n LLM in Boedelbeplanning in 2011 by dieselfde Universiteit. Tydens sy meestersgraadstudies het hy ook die regskoolkursus bygewoon en die prokureursorde-eksamens suksesvol afgehandel. Gedurende sy studies was hy ’n studente-assistent by die Fakulteit Regte en was hy ook betrokke by die indeksering van die THRHR. Tans woon hy in Welkom waar hy werksaam as ’n kandidaat-prokureur is.