Gaylann Swartz

Gaylann Swartz

Gaylann woon in Hawston,’n klein vissersdorpie langs die kus. Sy het in 2018 aan die Hoërskool Hermanus matrikuleer. Sy het onlangs haar negentiende verjaarsdag gevier en studeer onderwys aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Sy beoog om eendag ’n joernalis te word en probeer dus haar voet in die deur kry met kort geskrifte. Een van haar kortverhale is in 2018 in Kuier gepubliseer. Haar droom is om eendag ’n groot Afrikaanse skrywer te wees en gaan nie ophou werk voordat sy haar eie naam op die rakke sien nie.

Vrouedag-skryfkompetisie: My se ouma

Gaylann Swartz Skryfkompetisies 2019-08-10

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Vonkfiksie deur Gaylann Swartz: "Sy het vir ’n baie lang tyd gesê sy gaan vir my skoene koop. Ek het dit nooit regtig ernstig opgeneem nie. Ek het nie besef hoe belangrik dit vir haar was nie."

Top