Franci Greyling

Franci Greyling is professor in skryfkuns in die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Sedert 2007 is sy veral gemoeid met die konseptualisering en uitvoering van interdissiplinêre kreatiewe en navorsingsprojekte soos Oor die einders van die bladsy (2009–2011) en Weerspieëling en weerklank: Gesprekke oor tipografie, topografie en tipologie (2012–2014). Dié praktykgebaseerde navorsingsprojekte betrek onder andere die vakgroepe skryfkuns, grafiese ontwerp, kunsgeskiedenis en Afrikaans en Nederlands. Haar huidige projek, Byderhand, onder leiding van die Vakgroep Skryfkuns, behels die verkenning van (plekspesifieke) digitale literatuur. Sy is veral geïnteresseerd in die skeppende moontlikhede en dinamiese wisselwerking binne hierdie oorkoepelende ruimte, multimodaliteit, alternatiewe publikasiemoontlikhede, kinder- en jeugliteratuur, en kreatiwiteit en skryfopleiding in ’n verskeidenheid kontekste. Haar kreatiewe publikasies sluit in kinder- en jeugboeke, kortverhale, gedigte, kunstenaarsboeke, radiodrama en ’n webtuiste vir die bevordering van Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur (www.storiewerf.co.za). In 2009/2010 was sy vir drie maande ’n navorsingsgenoot by die Internasionale Jeugbiblioteek in München.

Spore: Hans du Plessis (1945–2024)

Franci Greyling In memoriam 2024-11-04

"Hans het nooit 'afgepraat' nie; ’n mens is as’t ware saam op reis geneem deur ’n ervare toergids. Hy het altyd die onervarenes saamgenooi."

Site-specific digital literature: ensemble and interaction in new contexts

Franci Greyling Academic research 2017-06-29

"In light of the far-reaching impact which mobile and geospatial technology has already had on society in a very short time, creative work that makes use of this technology can provide insight into the evolving relationship between people, technology, literature and space."

Plekspesifieke digitale literatuur: samespel en wisselwerking in nuwe kontekste

Franci Greyling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-06-29

"Die snelveranderende tegnologiese omgewing bied nuwe skeppende en publikasiemoontlikhede vir skrywers en kunstenaars, soos plekspesifieke digitale literatuur, waarin multimodale tekste op ’n spesifieke plek met digitale toestelle beskikbaar gestel word en die konkrete plek deel van die leeservaring word."

’n Plek waar ek tuis voel: Carien Smith gesels met Franci Greyling oor haar navorsing en Mooirivier: weerspieëling en weerklank

Carien Smith, Franci Greyling Onderhoude 2016-02-03

"Die betekenis en gevoel wat met sin van plek vereenselwig word, word oa opgebou deur persoonlike ervarings, stories en inligting oor die plek, en die wisselwerking tussen individu, gemeenskap en plek. My eie sin van plek, wat tydens die navorsing verdiep het, het sonder twyfel in die vormgewing van die werk neerslag gevind."

Sin van plek, ingeplaastheid en bioregionaliteit in ’n kunstenaarsboek-installasie, Mooirivier: weerspieëling en weerklank

Franci Greyling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-14

"Hierdie artikel bespreek ʼn praktykgebaseerde navorsingsprojek: ʼn kunstenaarsboek-installasie met die Mooirivier in die Potchefstroom-omgewing as tema."

Sense of place, emplacement and bioregionality in an artist’s book installation, Mooirivier: weerspieëling en weerklank (“Mooi River: reflection and echo”)

Franci Greyling Academic research 2015-12-14

"This article discusses a practice-based research project: an artist’s book installation, with the Mooi River in the Potchefstroom environment as a theme."

Clover Aardklop 2015: Onderhoud oor die byderhand-leesprojek

Franci Greyling, Naomi Meyer Clover Aardklop 2015-09-28

"Die gedagte van plekspesifieke digitale literatuur is dat ʼn mens die werk dmv ʼn selfoon of tablet op ʼn spesifieke plek lees en dat die plek as sodanig tot die leeservaring bydra."

Die skrywer en nuwe publikasiekontekste: Interaktiwiteit en wisselwerking in aanlyngemeenskappe – Fanie Viljoen se Pynstiller as gevallestudie

Franci Greyling 2012-09-28 "Die verskillende weergawes van Fanie Viljoen se teks Pynstiller is hoofsaaklik die gevolg van sy betrokkenheid in ’n kreatiewe en navorsingsprojek waarin kunstenaars en skrywers die grense van die kodeksvorm van die boek uitgedaag en oorskry het."

Hoe lyk jou stad-kompetisie: Smithfield – Twee portrette

Franci Greyling 2012-07-25 Franci Greyling skilder twee woordportrette van Smithfield.

Vervaldatum-kompetisie: Onder die kloktorings van Santissima Trinità dei Monti

Franci Greyling 2012-04-18 Dis eers wanneer sy die foto’s op die skerm vergroot dat sy die detail tussen al die strukture opmerk: skulpmotiewe bo vensterkosyne, duiwe op ’n daklysie, ’n wolkstreep in die lug, die blinde oog van die kloktoring.

Tieners in die kuberwêreld – kan jeugromans byhou? Franci Greyling lewer kommentaar

Franci Greyling 2011-12-08 Dit word algemeen aanvaar dat daar ’n noue verband bestaan tussen die tegnologie wat deur ’n individu en samelewing gebruik word, en denke.
Top