Fiona Aploon

Fiona Aploon is 'n vars nuwe stem in die Afrikaanse literêre wêreld, maar haar passie vir die geskrewe woord spruit uit 'n lewenslange droom wat al jare langsaam ryp word. Waar sy voorheen as 'n kliniese laboratoriumassistent gewerk het, het sy haar roeping na die onderwys en die taal gevolg en haar graad in Taal en Lewensoriënteering aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) verwerf. Vandag gebruik sy haar kennis en erfenis as 'n hoërskoolonderwyser om die skoonheid en krag van Afrikaans aan die volgende geslag oor te dra.

Vir Fiona is die pen nie net 'n hulpmiddel om stories te vertel nie, maar 'n instrument van geneesing en bevryding. Sy skryf uit die diepte van haar eie verlede en skroom nie om diep, onverwerkte wonde aan te raak waarmee so baie mense daagliks worstel nie. Haar woorde dien as 'n balsem en 'n praktiese gids vir die hede, gebore uit 'n begeerte om hoop te saai waar daar eens net seer was.

Fiona Aploon skryf om lewe te spreek, diep wonde oop te vlek sodat dit kan heel, en om te bewys dat woorde onmiskenbare krag dra om die wêreld te verander.

Stamboom, die koppie en altyd God

Fiona Aploon Poësie 2026-08-27

"Stemloos in die worsteling
van die harde weerkaatsing van geluide."

Top