Ferdie Swanepoel

Ferdie Swanepoel matrikuleer aan die Hoërskool Schoonspruit, Klerksdorp. Hy het nog altyd ’n liefde vir die Afrikaanse taal met sy vele poëtiese woorde waarmee jy die lewe om jou kan inkleur. As CEO van ’n streeksradio LIFE FM en stigterslid van die Sanctuary Boekfees is hy aktief betrokke by die bevordering en bemarking van Afrikaanse skrywers. Hy is ook die skrywer van Die Seuns van God, wat handel oor die ware identiteit van elke mens, asook medeskrywer van die groeproman Oppad na Grysberg. Hy is ’n energieke, kreatiewe persoon wat, wanneer sy besige skedule tussen beeste en bouery dit toelaat, graag die skilderkwas opneem.

Die vlugteling

Ferdie Swanepoel Fiksie 2025-07-31

"Hierdie keer is die stem duidelik. Hy draai om. Sien hoe Matilda tussen die mense deur beur. Die kierie val uit sy hand. Rol knetterend eenkant toe. Hy gee ’n tree in haar rigting. Sy hardloop in sy oop arms in. Druk haar kop styf teen hom vas."

Top