Evgeny Artemov

Evgeny Artemov (gebore 1954) het in 1979 ’n graad in tale in Moskou behaal. Tot 1996 werk hy as Engelse vertaler by die Russiese staatsnuusagentskap (TASS), waar hy in 1992 Afrikaans begin leer, met die hoop om na Suid-Afrika te emigreer. Al het dié geleenthede verbygegaan, het hy met sy taalstudies aangehou en in 2012 begin om kortverhale in Afrikaans te skryf. “Die ou-ou sprokie”is Evgeny se eerste gepubliseerde werk in Afrikaans.


Die ou-ou sprokie

Evgeny Artemov 2013-09-18 Evgeny Artemov is 'n Rus wat sedert die vroeë 1990's Afrikaans leer - en wat onlangs die vreugde van skryf in Afrikaans ontdek het. Lees hier sy eerste kortverhaal op LitNet en sien hoe hy die spyker van feetjieverhale op sy kop slaan.
Top