Evanthe Schurink

Evanthe is gebore in Pretoria, waar sy nou nog woon. Sy is 49 jaar lank getroud met ’n wonderlike man en het vier kinders. Sy deel haar lewenservaring van verdwaalpaadjies en kruispaaie deur haar stories en gedigte want soos almal soek sy ook na die sin van die lewe. Die skryf van stories en gedigte het vir haar nuwe wêrelde oopgemaak. Haar storie "The presence of an absent child" is gekies om wêreldwyd gepubliseer te word in Love and Loss, a collection of short stories. Een van haar gedigte is ook in die Ingrid Jonker-digbundel Die môre is jy opgeneem. "My grootste wens is dat my gedigte met elkeen wat dit lees se hart sal praat en ’n klein spoortjie van vrede, hoop en liefde sal agterlaat."

Vrouedag-skryfkompetisie: feniks

Evanthe Schurink Skryfkompetisies 2019-08-25

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Evanthe Schurink:

"ek weet so seker as wat ek leef
uit roet en as het ’n feniks gesweef"

Top