Etienne Barnard

Etienne Barnard het in 1989 sy PhD in Elektriese en Rekenaaringenieurswese aan Carnegie Mellon Universiteit verwerf met ’n verhandeling oor “Neural Networks for Scene Analysis”. Sedertdien is hy aktief betrokke by die navorsing en ontwikkeling van patroonherkenning en spraakprosessering. Hy het intussen ’n aantal akademiese poste beklee en ook in die bedryf gewerk.

Etienne is mede-outeur van meer as 250 portuurbeoordeelde wetenskaplike publikasies oor, onder andere, patroonherkenning, neurale netwerke, spraakherkenning en mens-rekenaar-interaksie. Hy het ’n aantal internasionale patente in spraakprosessering en is ’n gewese mederedakteur van die IEEE Transactions on Neural Networks. Etienne se navorsingsbydraes is op verskeie wyses erken, waaronder Google-navorsingstoekennings in 2009, 2011 and 2014.

In die vroeë 2000’s was Etienne ’n lid van die Departement van Kuns en Kultuur (DKK) se ministeriële advieskomitee, voorloper tot die totstandkoming van die taaltegnologiedirektoraat binne die Nasionale Taaldiens van die DKK. Hy was ook die eerste voorsitter van die taaltegnologie-kundigheidspaneel..

Etienne is die stigter-direkteur van die Meertalige Spraaktegnologieë-navorsingsgroep (MuST) by NWU, en hy is steeds as buitengewone professor daar werksaam.

MuST: ’n gevallestudie oor die ontwikkeling van kunsmatige-intelligensiestelsels teen die Suid-Afrikaanse agtergrond

Ulrike Janke, Etienne Barnard Seminare en essays 2020-03-10

"Neurale netwerke het ... in die laaste paar jaar wêreldwyd ’n herlewing in navorsing en ontwikkeling op die gebied van kunsmatige intelligensie veroorsaak – van rekenaars wat mense in bordspeletjies wen en motors wat self bestuur, tot spraak- en taaltegnologie."

Top