Estelle Rubow

Gebore en grootgeword in Keetmanshoop-distrik in die suide van Namibië.

Voltooi my hoërskoolloopbaan in 1972 aan die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch en studeer tot in 1976 Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Port Elizabeth.

Ek begin werk in 1988 in Windhoek as maatskaplike werker.

Sedert my oorlede man se aftrede in 1999 woon ek in Hentiesbaai waar ek 15 jaar by die Hentiesbaai Munisipaliteit as toeristebeampte in diens is.

Ek is sedert Julie 2014 afgetree en in 2016 weer getroud met Mias van Zyl. Ons het ons gesamentlike debuutbundel, Opgeefsels, in 2017 gepubliseer.

Ons kombuistaal, Afrikaans

Estelle Rubow Poësie 2018-10-29

"in gesellige kombuise
het ons ons taal leer praat"

Grafskrif

Estelle Rubow Poësie 2016-06-15

"eens trotse adel van die grotes
wat megafuana heet
Rhinocerotidae"

Top