Erentia Bedeker

Erentia Bedeker is ’n kunstenaar, skrywer, animeerder en filmmaker uit Namibië. Sy word groot op Khorixas met die wye oop vlaktes en koppies van Damaraland as haar speelgrond. Sy studeer Drama aan die Universiteit van Stellenbosch en voltooi daarna haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands, asook ’n nagraadse diploma in onderwys deur UNISA. Sy is een van die stigters en direkteure van Wreckless Creative, ’n tweepersoongrafieseontwerp- en animasiestudio. Sy het reeds drie kortfilms gemaak waarvan Die berggans het ’n veer laat val en Ruby & Roach al by verskeie internasionale filmfeeste vertoon is. Van haar gedigte is opgeneem in Nuwe Stemme 6 asook in twee uitgawes van Penseel (2013/2014) terwyl sy nog student was. Deesdae waag sy haar hand aan die skryf van kortfilms. Sy dra die Namib in haar hart terwyl sy vereers in die stad moet woon. Sy het ook baie klippe uit Damaraland in haar tuin en studio wat haar aan die aarde geanker hou.

Liefde is liefde, dis só eenvoudig: Oktober deur Réney Warrington

Erentia Bedeker Lesersindrukke 2023-06-20

"En dit laat my wonder hoekom ons liefde netjies in pakkies wil vasknoop en name gee. Hoekom wil ons so graag etikette op alles plak? Ek het dit self gedoen toe ek die boek se agterblad gelees het – ’n queer love story, nie net ’n love story nie."

Cut to the chase deur Janet van Eeden: ’n goeie wegspringboek vir jong draaiboekskrywers

Erentia Bedeker Resensies 2023-04-25

"Cut to the chase is ’n belangrike bydrae tot die akademiese veld van draaiboekskryf omdat dit vanuit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt geskryf is."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Erentia Bedeker

Liné Loff, Erentia Bedeker Skrywersonderhoude 2017-10-11

"Alhoewel die dood altyd hartseer en seer is vir die een wat agterbly, is dit ook ’n viering van nuwe lewe, want ek glo mens leef voort in die Skepping: uit sterstof geskep, word ons atome weer deel van die natuur en die kosmos."

Top