Emma Kirchner

Emma Kirchner was sedert 1980 by onderwysersopleiding betrokke, in verskillende hoedanighede. Sy doseer aanvanklik veral Afrikaanse Taal- en Letterkunde, en verwerf in 1984 ’n Meestersgraad in die letterkunde met lof. In 2004 word sy as rektor van die Windhoekse Onderwyskollege (Windhoek College of Education) aangestel en lei die instansie tot die samesmelting met die Universiteit van Namibië in 2011. Daarna is sy vise-dekaan en direkteur van die Khomasdal-kampus van die Universiteit tot 2015. Deels as gevolg van haar diens in die Namibiese Kinderboekforum, raak sy intens betrokke by leesnavorsing en dit lei tot drie jaar studieverlof en die voltooiing van haar doktorale studie oor leesmotivering aan die Inland Norway University of Applied Sciences in September 2018. Tot haar aftrede doseer sy oa Kinderletterkunde en Leesonderrig, en is betrokke by die literêre leesgroep, Krit, asook die Windhoek Woordfees. Miskien is haar grootste passie egter deesdae om haar vier kleinkinders aan die lees te hou.

Hinterland deur Piet van Rooyen: ’n lesersindruk

Emma Kirchner Lesersindrukke 2025-11-23

"Het die mens ontwikkel of gedegenereer uit die oerinwoners van Afrika, verwysende onder andere na die opgrawings in Sterkstroom waar die skedel van me Ples gevind is? Worstel die mens uiteindelik steeds met die gorilla in homself?"

Top