Elsabe Uys is ’n geesdriftige amateur in die sterrekunde. Sy is sedert 1989 betrokke by die aanbied van programme in die Planetarium, waar sy haar vorige ondervinding in die onderwys aanwend in die aanbied van vertonings en werkswinkels vir leerders van alle grade sowel as vertonings vir die publiek. Sy is ook deel van die span wat om die beurt die gewilde praatjie oor die naglug, The Sky Tonight, op Saterdae en Sondae lewer. Sy is betrokke by die ontwikkeling van nuwe vertonings en is verantwoordelik vir die skryf van die teks van die Planetarium Sterrekaart wat maandeliks verskyn.