Elsabe Kruger2012-04-04En nou staan hy weer hier voor haar. En sy wéét: net nog ’n vervaldatum. Sy sien die bruin, manlike vingers wat ritmies op die rooi motorfietshelmet klop, en sy sien die blonde hare, omgekrap deur die wind en die helmet en wie weet wat, en sy sien die blou oë wat effens geamuseerd reg in haar verleë gesig inkyk.