Elsabe Fouche

Ek is leser, skrywer, gastehuiseienaar en boer. Mense is vir my baie interessant. Tog staan ek baie dae verstom oor die mens se doen en late. Nietemin bly ek vir almal verskriklik lief.

Ek boer hoofsaaklik met kalfies. Daardie weeskinders wat ’n heenkome op ’n ander plek moet kry. Niemand is trotser as ek as hulle blinkoog en gelukkig saam met die ander plaasdiere stert omhoog speel en huppel nie.

My gastehuis staan rondom ’n reuse-stinkwitgatboom. Daar word baie stories langs die bosveldvuur uitgeruil. Gehuil en gelag.

Noudat al drie my dogters klaar is met tuisonderrig, skryf ek. Wat ’n groot lekkerte!  As ek die dag gaan stilsit, gaan ek my PhD doen. Dalk oor neologismes in die kortverhaal ...

Die bospaadjie

Elsabe Fouche Fiksie 2026-01-15

"Ons het nou mooi gesien hoe lyk die breë pad wat na die hel toe gaan en hoe lyk die smal pad wat na die hemel toe gaan. Solly, kom ons begin by jou, watter pad sal jy verkies?"

Top