Elsa Hamersma

Elsa Hamersma het al 15 boeke geskryf waarvan die meerderheid romanses is. Een daarvan was ’n jeugverhaal, Die teken van die crux, waarmee sy in 1998 die Sanlamprys vir jeuglektuur gewen het.

Die mense langsaan is haar eerste spanningsroman. 

Elsa woon die grootste deel van haar lewe in Pretoria en Johannesburg maar in 2000 verhuis sy en haar man, André, Kaap toe en deesdae woon hulle op Jakkalsfontein aan die Weskus, dig teen die see.

Die mense langsaan deur Elsa Hamersma: ’n onderhoud

Elsa Hamersma, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-06-07

"Aanvanklik begin ek met ’n idee. Dis die vonk. Daarna word dit hoofsaaklik gedryf deur die karakters en daarom is dit vir my nogal nutteloos om te veel beplanning te doen." 

Top