Elizma Coetzee

Elizma is in 1962 in die Vrystaat gebore. Sy is getroud, het drie kinders, drie skoonkinders en amper vier kleinkinders. Sy het later in haar lewe as stokperdjie begin skryf. Tien van haar boeke en twee kortverhale is deur Kwartz gepubliseer. Die boeke is romans met ’n sterk geestelike ondertoon. Sy werk vir ’n natuurbewaringsinstansie waar sy met gemeenskappe om die reservaat werk. Skryf is ’n passie en ’n gawe wat sy graag verder wil ontwikkel.

Vrouedag-skryfkompetisie: Huldeblyk aan Agnes

Elizma Coetzee Skryfkompetisies 2019-08-07

LitNet se Vrouedag-skryfkompetisie  – Vonkfiksie deur Elizma Coetzee: "So begin ’n baie spesiale vriendskapsverhouding. Agnes leer my van deel al het jy niks, ander help al is jy moeg, en ongelooflike uithouvermoë."

Top