Elizabeth Kendall

Elizabeth is lief vir taal, veral Afrikaans. Van Hoërskooljare af was opstelskryf ’n hoogtepunt. Rympies het gevolg, later ook rubrieke wat o.a. in die Gereformeerde kerk se "Vroueblad" en ook plaaslik gepubliseer is op ’n gereelde basis. Na haar aftrede uit die onderwys het sy ernstig begin aandag gee aan haar liefde vir skryf. Om gedigte te skryf was aanvanklik ’n groot uitdaging. Een van haar gedigte het in Boksemdais 2 verskyn, ’n bundel waarin verskeie nuwe digters se werk opgeneem is. Van haar gedigte is ook op LitNet publiseer onder PoësieNet.  In 2010 publiseer sy "Huppel op die Hoogland", 'n bundel gedigte wat uit sewe verskillende afdelings bestaan nl. liefhê, belydenis, palet, ongerep, in wese, vlees van my vlees en nostalgie. Haar liefde vir kuns en skryf is ewe groot. Sy skilder 'n wye verkeidenheid, maar geniet dit veral om met die paletmes te werk. Van haar skilderye hang in verskeie lande oorsee en word ook op kunswebblaaie uitgestal. (kyk na die skakels hier onder)
Top